"Ek hou van jou soen" deur Jacobus Engelbrecht

  • 0

Ek hou van jou soen

Dis aand, ons is alleen
jy sit met jou hand op my been
Jy gryp my vas en begin my druk
ek begin na my asem sluk
Jy druk my vas teen die muur
in jou lippe brand ? vuur

BRUG:
Nou staan jy hier styf teen my
en jy is besig om die rook uit my te vry

REFREIN:
Ek hou-ou-ou-ou van jou soen
en al die crazy dinge wat jy doen
Jy dryf my teen die mure uit
Jy wil net vry die hele tyd

Jy gryp my en ek bloos
en ewe skielik voel ek soos
dronk, lam, my bene bewe
Dis net jy wat in my lewe
My bloed kook as jy vir my kyk
hulle het gesê dat jy na trouble lyk

BRUG:
Maar niks wat hulle sê sal my nou keer
so ek hou my bek en soen jou weer

REFREIN

Jy soen my, druk my, wil my nie los (x8)

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top