Na maandelange afwesigheid, het ek oor die naweek weer by Praag gaan inloer. Dan Roodt-rubrieke se trefslae is drasties af van gemiddeld 8000 per rubriek in 2009, na minder as 300 per rubriek die afgelope drie maande. Sy jarelange getroue “side kick”, Anton Barnard, se volgehoue bydraes is heeltemal afwesig sedert Feb hierdie jaar. Wonder wat het daar gebeur? Die formaat van die Praagblad het ook nog net meer valer geword, asook die aantal adverteerders blyk ook minder te geword het.
Die lyk vir my dat Dan sy ver-regs-verlore-Afrikaner-strategie sal moet hersien of “close shop” alvorens algehele politieke-bankrotskap intree en hy in die politieke duisternis met knersing van tande ingeskop word.
Jaco Fourie


Kommentaar
Fourie het moontlik Dr. Roodt se briljante artikel hierdie afgelope Sondag misgekyk. PRAAG bly die enigste plek waar daar nog intelligente politieke artikels in Afrikaans verskyn, en Dr. Roodt se insig is ongeëwenaard. Ander Afrikaanse media wissel van die ANC-skoothondjies tot die Godsdienstige dwepers op “regse” (eintlik maar net konserwatiewe) webtuistes.
Daar's niks meer tragies as 'n Afrikaner wat 'n dweep-blinde-heldeverering vir enigiemand koester (soos ons heer Gramsci hierbo), veral wanneer die "held" ooglopend 'n "loser" onder Afrikaners voorkom. Ou Rooi Daantjie "se briljante artikel" was so briljant gewees dat dit maar net 108, met myne, nou 109 trefslae gekry het. Tse, tse! Selfs in sy einste artikel, erken Rooi Daantjie dat hy in 'n Vryheidsfrontvergadering stroomop is. Hy se: “Ek het my in ‘n minderheid van een bevind". In 'n party wat 'n minderheid Afrikaners verteenwoordig, is hy 'n minderheid van een!! Wat nou meer? In hierdie einste "briljante artikel" getitel "Kan ons vryheid sonder geweld verkry?" is daar 'n lang gewafel sonder om uiteindelik tot enige slotsom te kom, behalwe om te laat blyk dat daar iets met die Afrikaner skort juis omrede die nie sy denke huldig nie.
Selfs in sy laaste klompie artikels, die laaste 9 Feb, het Daantjie se sidekick Anton Barnard, meer trefslae verdien. Dit se vir my dat onder regses was Anton meer interessant as Daantjie self.
Jaco Fourie