
Foto: Canva
Ek het jou sien staan
ek het jou sien staan
op ’n kruispad van gister
waar moeë siele heen gaan –
ek het jou trane en bloed afgevee
jou mooi gevra
om op te hou huil
op te hou skuil
van jouself
omdat jy swaar dra aan skuld
met ’n slegte gewete wat pla
oor jare se swaar dra
aan ander se seer
wat niks makeer
jy is hulle stem
wat hulle verloor het
toe mure ore gehad het
toe kinders gehoor moes word
nie gesien moes word nie
daarom vra ek jou
hou op om te bloei
hou op om te huil
want eintlik skuil jy
by selfjammer
omdat dit al is wat jy het
kom weg van die kruispad af
dood skuil daar
as donker verbykom
lag ’n slag vir alles
sommer ook vir niks
want niks werk so goed
om jou gemoed te verander nie
jy wil op die kruispad bly
want dit is al wat jy ken
draai om en stap weg
vind jouself in jouself
jy is meer werd as dit
jou siel is kosbaar
vir God


Kommentaar
Kosbaar verwoord. Dankie.