Ek het jou resep ingespan, Maankind

  • 1

Hallo Maankind,

Ek het gister jou resep ingespan.

Nou weet ek mos deeglik dat 'n goeie ding op 'n sterk fondament moet staan, so aangesien jou resep afskop met die duidelike instruksie, ondersteun deur jou aanmaning "Hoor nou mooi" dat ek vir myself 'n glasie wyn moet skink, maak ek toe so.

Stap een was dus die oopmaak van 'n erg pikante 2009 Jacob's Creek shiraz. Dit was 'n baie goeie keuse en die vles se laaste druppel het mooi saamgeval met die opskep van die dis. Die kerrie kom amper deur as jy dit rêrig dit wil proe. Dis nou vir die wie weet daars kerrie in. Ek dink masala of dalk verkieslik cumin saad sal dieselfde taak skitterend doen. Ek het balsamic gebruik, bloot omdat dit is wat ek in die kas gehad het, ek sal asyn koop vir die volgende keer. Wat die piesangs betref, ek dink hulle is om die vleis sag te maak, want dit was baie vinniger sag as gewoonlik. Piesang se neef Papaja is bekend vir daai werk.

Bottom line Maankind, jou resep is geprint en in my plakboek, dis erg lekker.

Dankie en groete,
Duitswester

  • 1

Kommentaar

  • Solank dit lekker was!.En koop asb bruin druiwe-asyn. Oor die kerrie: Ek meng my eie, en daar is baie komyn in. So dis nie boksies kerrie nie. Medium masala sal dan werk. Mens pas hom maar aan soos jou kas is. Het ek onthou om knoffel by te sit? Nie te veel nie, net so twee huisietjies van 'n bol.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top