Hello "koos sas"
Dankie vir jou reaksie.
Kennis geneem van die kritiek gelewer deur jou in verband met my eie briewe.
Vir die rekord ek het nog altyd jou briewe hier waardeer en kon aflei daaruit dat jy wel belese is, daarom was die aanklag van "obskure" skrywers deur jou so vreemd in daardie konteks, net soos jou verwysings nog altyd van goeie standaard was. Daar was dus geen beskuldiging gemaak "dat (jy) ’n hoge intellektuele soort (is) nie", maar sonder enige twyfel het ek jou as baie goed ingelig ervaar.
Die volgende word herhaal, en sal jy sekerlik besef dat dit nie kwaadwillig is nie, maar die "uitdaging" van briewe uit jou hand was nie volkome kwaadwillig nie, maar werklik om te bevestig hoe jy dit sou doen en hoe daar geleer kan word daarvan.
Ek sluit af met ’n bekende frase van Samuel Beckett:
Ever tried. Ever failed. No matter. Try Again. Fail again. Fail better.
(Frase volkome verteer.)
Baie dankie
Wouter

