Ek en my voorvaders by die kampvuur 15000 jaar gelede

  • 16

Hello,

Hierdie was fassinerend en kan die volledige artikel hier gevind word.

You, hear me! Give this fire to that old man. Pull the black worm off the bark and give it to the mother. And no spitting in the ashes!

Wat 'n vreemde frase, maar as jy kon terug gaan in tyd, 15000 jaar ongeveer en jou in die midde van die 'hunter-gatherers' van millennia terug sou bevind dan was daar 'n kans dat jy van hulle opmerkings sou kon verstaan.

Bogenoemde is moontlik omrede al die naamwoorde, werkwoorde, byvoeglike naamwoorde en bywoorde in die bogenoemde vier sinne is woorde wat afgestam het en grootliks onveranderd gebly van 'n taal wat duisende jare terug afgesterf het.

Daardie paar woorde beteken dieselfde ding, en klink amper dieselfde as wat hulle gedoen het toe.

Die tradisionele siening is dat woorde nie langer kan oorleef as ongeveer 8000 tot 9000 jaar nie. Evolusie, taalkundige "verwering" en die aanvaarding van plaasvervangers uit ander tale wis uiteindelik die ou woorde uit net soos die dinosourusse van die Jurassic-era en heeltemal in stap met die evolusie van taal wat Angus aan Jan Rap probeer verduidelik het.

'n Nuwe studie dui egter daarop dat dit nie altyd waar is nie en dat daar 'n kern groep van woorde is wat nou al vir duisende jare oorleef.

Navorsers het vorendag gekom met 'n lys van "ultraconserved woorde" wat oorleef het vir meer as 150 eeue. Dit sluit voorspelbare woorde in soos "moeder", "vader", "vrou", "persoon" en "kind".

Onder die volgende hofies van die volgende tale:

English French German Italian Dutch Esperanto Swedish Latin

Word woorde soos die volgende gevind:

mother, mère, Mutter, madre, moeder, patrino, mamma, mor, mater

father, père, Vater, padre, vader, patro, pappa,far, pater

person, personne, Person, persona, persoon, persono, person, persona

child, enfant, Kind, bambino, kind, infano, barn, puer,

Die woord god maak nie die lys nie maar man se beste vriend wel.

dog chien Hund cane hond hundo hund canis

Die bestaan van hierdie woorde dui daarop dat daar 'n "proto-Eurasiatic" taal was wat die oorsprong van sowat 700 kontemporêre tale wat die inheemse tale van meer as die helfte van die wêreld se bevolking is. Die idee dat 'n gesproke klank met 'n spesifieke betekenis behoue kan bly oor 15000 jaar is 'n omstrede idee vir die meeste historiese taalkundiges.

“Their general view is pessimistic,” said William Croft, a professor of linguistics at the University of New Mexico who studies the evolution of language and was not involved in the study. “They basically think there’s too little evidence to even propose a family like Eurasiatic.”  "In Croft’s view, however, the new study supports the plausibility of an ancestral language whose audible relics cross tongues today."

Daarom dan, daar sou oomblikke wees waar ek my voorvaders van duisende jare in samesyn by kampvuur sou kon verstaan en ek definitief nie later op die uitgebrande hout, as, sou gespuug het nie. Hulle het dit dan so duidelik gestel.

Baie dankie

Wouter

  • 16

Kommentaar

  • Beste Wouter,

    Dankie vir hierdie interessante inligting. Professor Mark Pagel van die Universiteit Reading doen ook navorsing hieroor. Ipv te vertrou op slegs gemeenskaplike klanke tussen woorde, maak hy gebruik van statistiese modelle. So oorkom hy die probleem dat woorde van veskillende stamme byna dieselfde klink, (bv. room en droom) . Prof Pagel is nie 'n linguis nie, maar professor van Evolusionêre Biologie.
     
  • Hello Angus, 

     
    Baie dankie vir jou kommentaar en moet ek bevestig as dit nie vir jou skrywes was oor die onderwerp hier nie, sou ek dit nie geplaas het nie, want ek hou nou 'n oog oop vir artikels wat linguistiek aanspreek en het met die lees hiervan onmiddellik aan jou bydraes hier gedink. 
     
    Die aanvullende stellings deur jou oor Professor Mark Pagel word aanvaar en is welkom. 
     
    Baie dankie

    Wouter
  • CorneliusHenn

    Wouter, sonder te veel respek; die beskouing wat jy hierbo deel is ooglopend en grotendeels onderhewig aan Germaans. Jy tik dan self: "English French German Italian Dutch Esperanto Swedish Latin". Jou agenda dat die woord God, kamstig nie die lys maak nie, is ook ewe ooglopend doelbewus en lankal vervelig. Daar is menige taalgroep op aarde wat jou duidelik bedoelde en gebreinspoelde slimmigheid uitsluit. Nie te danke, Cornelius.

  • Nogal né!, al die taal paaie, so lyk dit my, lei dus tog na Babel.

     

    So uit die perd se bek !

     

    Raed-na-Gael

     

  • Hello Raed-na Gael, 

     
    Ja, kan dit wees? 
     
    Dit sou nogal heel ironies wees en werd om oor te dink. 
     
    Die verweer is dat die vertakking in duisende tale het oor 'n tydperk geskied en nie soos dit in Genesis is nie, eenmalig nie en kan dit aangevoer word dat die verhaal in die Bybel poog om die verskil in tale te probeer verklaar wat juis dan al op 'n verskydenheid dui en die bestaansblik van daardie tyd. 
     
    Maar hoe ook al, 'n oertaal vir die oorgrote meerderheid van die mensdom is nogal 'n ontdekking en stof tot nadenke. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Cornelius, 

     
    Geen respek waargeneem nie en so aanvaar. Hoe sal dit anders komende van jou my vriend. Maar ek vergewe jou. 
     
    Nou ja, dit is 'n probleem, die woord 'god' wat nie deel is van die 200 oer woorde nie, dit laat nog 'n gaping in jou storie vir volwassenes wat jy hier vertel. 
     
    Miskien moet jy gaan oordink. 
     
    Kan jy egter? 
     
    Dit is duidelik dat jy is in die knyptang van jou eie beknopte blindheid. 
     
    Ek weet wel jy gaan nie gou die waarheid sien nie, so tas maar rond in die donker, jy behoort al in 'n gemaksone te wees. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello, 

     
    Dit is duidelik dat my vriend Cornelius nie die artikel gaan lees het nie, waarvoor ek wel die skakel geplaas het. 
     
    Die res van die artikel gaan aan soos volg: 
     
    In all, “proto-Eurasiatic” gave birth to seven language families. 
     
    Several of the world’s important language families, however, fall outside that lineage, such as the one that includes Chinese and Tibetan; several African language families, and those of American Indians and Australian aborigines. 
     
    In addition to Indo-European, the language families included Altaic (whose modern members include Turkish, Uzbek and Mongolian); Chukchi-Kamchatkan (languages of far northeastern Siberia); Dravidian (languages of south India); Inuit-Yupik (Arctic languages); Kartvelian (Georgian and three related languages) and Uralic (Finnish, Hungarian and a few others).
     
    They make up a diverse group. Some don’t use the Roman alphabet. Some had no written form until modern times. 
     
    They sound different to the untrained ear. Their speakers live thousands of miles apart. In short, they seem unlikely candidates to share cognates.
     
    Die lys van daardie oerwoorde kan hier gevind word by die Universiteit van Texas:
     
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • Chris Dippenaar

    Dis hoe ons weet dat Bildad die Shuhite die kortste ou in die Bybel was. Nehemiah die profeet was die tweede kortste.

  • Taalwetenskaplikes soek o.a. na diepere verwantskap tussen wêreldtale, maar die meeste woorde evolueer so vinnig dat hulle oorsprong nie verder as so vyfduisend jaar gelede nagespoor kan word nie. (Miskien dalk sover as negeduisend jaar terug.) Die statistiese model neem die frekwensie van woorde in ag in moderne tale soos Wouter hierbo met ? paar voorbeelde uit alledaagse taal aandui, om die bestaan van woordstamme in sewe supertaalgroepe van Eurasië aan te dui. Die sewe taalgroepe is   Indo-Europees, Uralies, Altaïes, Kartvelees, Dravidees, Chuckchee-Kamchatkan en Eskimo-Aleut. 

     
     Om Cornelius te troos, die frekwensie van god is nogal hoog veral omdat god nie meer net god beteken nie. Ek het so ? ruk terug so met die een oor na ? TV-program gekyk waarin huisgesinne as prys ? nuwe huis vir hulle oue kry. Soos wat die gesinnetjie, pa, ma en ses kinders hulle nuwe huis besigtig het, het almal deur die bank hulle verbasing getoon met “Oh, God!” en “Oh, my God!” Ek is seker hulle het nie daardie ou in die Bybel in gedagte gehad nie. So, in alle waarskynlikheid het ????? alreeds 15000 jaar gelede bestaan.
  • Ja, die toring van Babel moes 'n warboel veroorsaak het: sommer die volgende dag praat elkeen 'n ander taal, seweduisend tale: Engels, Afrikaans, Zulu, Xhosa, Tswana, Khoi, Grieks, Latyn, Swahili, Eskimoos, Spaans, Portugees, Duits, Indo-Europees, Nederlands, Sanskrit, Maories, tot by 7000. Fantasties! G'n wonder dat God so groot geskrik het dat hy die hele ou spul weer versuip het nie. 

     
    Wat ek eintlik wou sê is dat dit my nog altyd gefassineer het dat een aapspesie so baie tale kan praat, en boonop in staat is om vele meer te genereer.
  • CorneliusHenn

    Wouter,  

    Kobus de Klerk sal een van die mooi dae 'n les in spirituele intelligensie by jou moet kom neem.  

    Dit gaan nie oor die inhoud van die bronne en skakels wat jy aanhaal nie, dit gaan oor wat jy daarmee probeer bereik - jou agenda daarmee.  

    "Die woord god maak nie die lys nie maar man se beste vriend wel", is jou kommentaar en stel jou misbruik van taamlik algemene kennis in die taalwetenskappe, tog duidelik.  

    Jy tik voorts: "Onder die volgende hofies van die volgende tale: English French German Italian Dutch Esperanto Swedish Latin Word woorde soos die volgende gevind:" (sic)  

    Nou ja Wouter, sonder veel moeite vertaal ek die woord God, in elkeen van die "hofies" wat jy self aangedui het:  

    English: Lord, God

    French: Dieu, God

    German: Gott, Gottes, God

    Italian: Dio, Iddio, God

    Dutch: Gods, de God, God

    Esperanto: Dio, Dion, God

    Swedish: Gud, Guds, God

    Latin: Deus, Dei, Deo, Deum  

    In Afrikaans, is God ook die Here, en "God is".  

    Lees nou weer jou voorbeelde waar jy mamma en patrino, vader en padre, kind en infano,... as voorbeelde regverdig om die algemene feit dat  hierdie woorde op 'n "proto-Eurasiatic" taal dui wat die oorsprong van sowat 700 kontemporêre tale is, en wat die inheemse tale van meer as die helfte van die wêreld se bevolking is.  

    Tog wou jy die woord God (Deo), daarby uitsluit; hoekom?

    Wouter, jou intellektualisme omtrent die Afrikaner en Godsdiens, is beslis besig om Kobus de Klerk se infernale spirituele intelligensie rakende selfs onderwerpe soos die sigbaarheid van Jupiter se mane, te oortref!  

    Nie te danke,  

    Cornelius

    (Jammer vir die belangstellendes wat so graag slim wou wees saam met die clever Johnny van die werf - "Wouter Ferns").

  • Cornelius, 

     
    Die probleem is nie latere vertalings nie soos jy aangedui het nie, maar die voorkoms van die woord, 'god', in die 200 oer-woorde. Die lys is geplaas vir jou aandag en jy kan kyk of jy dit kan kry. Ek glo nie jy gaan dit kry nie, maar  net wat jy nou al wel aangedui het, vertalings van die laaste duisend jaar of so. 
     
    Die vraag bly dus die oertaal, jy kan dit probeer systap, soos jy nou weer doen, maar dit is die uitdaging wat staan. 
     
    Die gebrek van die woord, 'god' in die oertaal, blaas 'n gat in jou stories van 'n enkele mite en dan geloof wat uit dit ontwikkel het. Hierdie is nie 1913. 
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Wouter, ek dink menige taalkundige krul soos hul lag... jy is inderdaad besig om jou mater in die intellektualisme, die ou grote Kobus de Klerk se aanspraak dat Jupiter se mane net 'n "mite" is, te oortref!... indien jy op die lysie afgaan tot by nommer 185, dan merk jy in Ingels "good"... doen jouself die guns en ondersoek die etimologie aan die woorde "god" en "goed" in ander tale ook, en wie weet, dalk kom die begrip uit soveel harte "God is goed", jou aan die verstand... groete sonder enige spirituele intelligensie aan't hand, Cornelius.

  • Hello Cornelius, 

     
    Ek hoor daar is 'n gelag maar kon nie agterkom van waar dit kom nie. Soos die Engelse dit sou stel, 'I am good for a laugh'. Ten koste van my dan, maar is jy seker dat dit wel ek is wat uitgelag is. 
     
    Oordink die volgende en oordeel dan: 
     
    good (adj.) Old English god (with a long "o") "virtuous; desirable; valid; considerable," probably originally "having the right or desirable quality," from Proto-Germanic *gothaz (cf. Old Norsegoðr, Dutch goed, Old High German guot, German gut, Gothic goþs), originally "fit, adequate, belonging together," from PIE root *ghedh- "to unite, be associated, suitable" (cf. Old Church Slavonic godu "pleasing time," Russian godnyi "fit, suitable," Old English gædrian "to gather, to take up together"). As an expression of satisfaction, from early 15c.; of children, "well-behaved," by 1690s. Irregular comparatives (better, best) reflect a widespread pattern, cf. Latin bonus, melior, optimus. Good-for-nothing is from 1711. Good looking is attested from 1780 (good looks by c.1800). Good sport, of persons, is from 1906; good to go is attested from 1989. The good book "the Bible" attested from 1801, originally in missionary literature describing the language of conversion efforts in American Indian tribes.
     
    Ek kan sien hoe 'god' jou hart vinniger laat klop het. 
     
    Maar lees verder: 
     
    god (n.) Old English god "supreme being, deity; the Christian God; image of a god; godlike person," from Proto-Germanic *guthan (cf. Old Saxon, Old Frisian, Dutch god, Old High Germangot, German Gott, Old Norse guð, Gothic guþ), from PIE *ghut- "that which is invoked" (cf. Old Church Slavonic zovo "to call," Sanskrit huta- "invoked," an epithet of Indra), from root *gheu(e)- "to call, invoke." But some trace it to PIE *ghu-to- "poured," from root *gheu- "to pour, pour a libation" (source of Greek khein "to pour," also in the phrase khute gaia "poured earth," referring to a burial mound; see found (v.2)). "Given the Greek facts, the Germanic form may have referred in the first instance to the spirit immanent in a burial mound" [Watkins]. Cf. alsoZeus. 
     
    Not related to good. Originally a neuter noun in Germanic, the gender shifted to masculine after the coming of Christianity. Old English god probably was closer in sense to Latinnumen. A better word to translate deus might have been Proto-Germanic *ansuz, but this was used only of the highest deities in the Germanic religion, and not of foreign gods, and it was never used of the Christian God. It survives in English mainly in the personal names beginning in Os-.
     
    Let weereens op na die datums en weeg dit dan teen die aanvanklik 15000 jaar gelede waarna daar verwys word in die inleidende brief. 
     
    Wie laaste lag, lag mos die lekkerste is dit nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
    (My internet is vandag eers weer aanlyn).
  • CorneliusHenn

    Wouter, voer self jou rede met voorbeelde van waar die saadjie 15000 jaar gelede geplant is... hoe kan jy my vir jou ongepaste aanhaling hierbo verantwoordelik hou?... derhalwe, gaan ook self die linguistiese erfenis van die mensdom na en vind uit waar die mens die eerste keer God aangeroep het... 15000 jaar gelede?... nee Wouter, ek dink jy gaan verras wees...

  • Cornelius, 

     
    Jy is die spoor byster in die duister. Jy word vir niks verantwoordelik gehou nie, net uitgewys dat jou 'god' en 'goed' to 'n gryp na strooihalms is. Bring daardie linguistiese verwysing wat die woord 'god' herlei na 15000 jaar gelede. Alle verwysings na god is 'n redelike nuwe ontwikkeling, selfs so min en minder as  'n duisend jaar gelede. Indien jy 'n betroubare en bevestigde aanvaarde bron kan bring, dan sal daarna gekyk word, soos daar moet gedoen word. 

     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top