Ek en jy kwadraat
Jy’s 90 grade te veel vir my
Saam moet ons 180 kry
Statistieke bepaal
Hierdie is ’n ongebalanseerde kys
Ons kan altyd die hipotese verkeerd bewys
Deur nog ’n keer ’n antwoord te bepaal
Koor:
Ek en jy kwadraat
Dis wat ons maak
X en Y spel ek en jy
Vir altyd saam is ons gelyk aan
Ko-funksies van mekaar
Ons kan dinge uitklaar
Dat dit sin maak
Jy vra my uit op ’n date
Sê jy’t spesiaal kos voorberei
Hoe kan ek nee sê
Dis net jou hart waarin ek rente belê
Desembermaand lê ons op die strand
Jy sê jy’t ’n perfekte vergelyking
Maar jy weet nie hoe jy dit moet uitdruk
Op jou knieë lyk jy soos ’n twee
Terwyl ons sandkastele bou
Moet ons die verhouding bepaal
Want wat is die totaal
Vierkantswortel sal ons word
As ons eers gemaal word
Deel bestaan nie vir ons
Want ons het een term geword.
![]() |



