"Ek en jy" deur TJ Potgieter

  • 0

Wys my joune dan wys ek jou myne
Kom ons vergelyk mekaar se snye en pyne
Vertel mekaar van waar
Is dit die meeste seer
En ons help mekaar
om dit te probeer keer

Refrein:
Jy weet ons kan nie die pad alleen loop...
Jy weet ek en jy saam beteken hoop
Ek en jy onder die silwer sekel maan
Hand aan hand altyd en ewig saam

Vers 2:
Gee my jou lag en gee my jou huil
Dan kan ons in mekaar se arms skuil
Vat weg my twyfel om dit vir ’n glimlag te verruil
Staan styf teen my lyf
Terwyl ons saam die storie se lee bladsye vol skryf

Refrein:
Jy weet ons kan nie die pad alleen loop...
Jy weet ek en jy saam beteken hoop
Ek en jy onder die silwer sekel maan
Hand aan hand altyd en ewig saam

Jy weet ons kan nie die pad alleen loop...
Jy weet ek en jy saam beteken hoop
Ek en jy onder die silwer sekel maan
Hand an hand altyd en ewig saam

Vers 3:
Gee my jou woorde dan maak ek dit rym
Vat my hart en maak die wonde verdwyn
Vat my hand en stap saam
vat my van
en sit hom agter jou naam
Ek en jy
Vir altyd en ewig
SAAM
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top