Ek bêre jou woorde

  • 0

wanneer kersvlam kromtrek
en flikkerbeelde nadersluip
op riffels van klipmuur dans
laat ek trane van vreugde
vrylik rondomtalie ontsnap
word dit in stortreën uitgetap

hul word vloeiend verswelg
deur ru-vesel in vel papier
wanneer die hartseer van gister
vandag se drome inhibeer
soos ek starend na flou lig
diep in liefdeskluis delf
en al jou woorde sag herhaal

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top