Ek Belowe
As die trane van jou wange rol
en jou hart hier voor my breek
As vrees en angs jou onderkry
en die angel jou bly steek
Wat meer kan ek doen?
As om jou te soen en saggies vir jou te sê
REFREIN:
Ek belowe jou
Ek sal jou altyd vashou
Ek sal jou nooit laat gaan
Ek sal jou nooit alleen laat staan
Ek belowe jou
Al sal die wêreld vergaan
sal ek altyd hier by jou bly
Elke traan oor jou wang
wat ek met my vinger vang
is 'n mes dwarsdeur my hart
Ek wens ek kon iets sê of net iets doen
wat al die seer weg kan vat
Wat meer kan ek doen?
As om jou te soen en saggies vir jou te sê
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


