Geskryf vir: Straatligkinders
Op ‘n ander plek midde sonder-einder vlaktes
Is dit stil in hierdie gedagtes
Om te redeneer is verkeerd, opstand is wreed
“Bly net kalm”, beveel die wat weet
Afgesonder van retoriek
dit is wat hierdie denker verkies
om te leef in ‘n plek van skynbare nood
in ‘n plek van dankbaarheid, is waar ek hoort
Refrein:
En so verpas ‘n hart ‘n trip na verstaan
op die pad na vrede en vryheid
waar keuses raserig vrees verslaan
is daar erens mos ‘n plek van eindelose tyd
Maar steeds is daar verwarring
in elke oomblik van twyfel
is dit dan so verkeerd om te vra
wat kom ‘n sukkelende hart so te na?
Vertel jou verhaal vir die wêreld en rus
jou werk is mos voltooi, stille redenaar
geen oomblik is te veel om van afstand te doen
om te leef is al wat tel - dit, en om te versoen

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

