"Eiland van verlange" deur Altus Booysen

  • 0

Eiland van verlange

Die son se oë loer vir my op die horison
met die mistigheid van die môre vermom
Dis nog vroeg as my skaduwee bakhand staan
vir 'n palmboomblaar en 'n bokskitaar

Die wind waai die wolke deurmekaar
Regdeur die seile van my gedagtes
wat daar in die verte vaar.
Nou sit ek maar en sing vir die see
om dit vir my te bring.

REFREIN:
Vanaand drink ons 'n drink op die maan
wat in my backyard tent opslaan
Op die eiland van verlange
tussen die doodloop strande

Hoe verduidelik jy die gevoel
van die blink blou water wat jou siel afkoel?
Terwyl die wit seesand
jou voete brand

REFREIN

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top