Eie sprokie
Hier sit ek nou by my tafel
en ek weet ek moet leer
Maar ek kan nie ophou aan jou dink nie
Hoekom maak dit so seer?
Maak alles wat ons gehad het
glad nie vir jou saak nie?
Hoe kon jy dit dan sommer so weggooi
en dit jou nou glad nie traak nie?
KOOR:
Someday my prince will come
Sneeuwitjie soek ? ander ou
Die appel was vol gif
En die heks lag in haar mou
Maar eendag sal die son weer skyn
En hierdie pyn verdwyn
Want daar is baie visse in die see
Ek kan my hart skoonvee
KOOR
Ek wil my eie sprokie skryf
Sonder woorde van skyn
My lewensverhaal kan ek self bepaal
Ek gaan ophou wegkwyn
KOOR
Ek sal opstaan
En ek sal veg
? Nuwe begin
? Sterker heldin
KOOR x2


