Egskeiding: Is ek geregtig op my eks-man se pensioengeld?

  • 37

Ek wil graag uitvind: ek en my man is 20 jaar getroud en het besluit om vriendskaplik te skei. Ons is binne gemeenskap van goedere getroud. Is ek geregtig om van sy pensioengeld te ontvang? Hy is 23 jaar in die polisiediens. Hoe gaan ek te werk?

  • 37

Kommentaar

  • ek sal u aanraai om na n prokureur te gaan, of selfs na die naaste Landdroskantoor wat kan help met die egskeiding. U doen net aansoek daarvoor as deel van die bedes in die egskeidings aansoek, OF vervat dit as deel van die skikkingsakte indien jul een sou optrek

     

    daar is al vele kere oor die kwessie in ons howe besluit, en u is wel geregtig op die helfde van die pensioen soos op datum van egskeiding. die afskrif van die bevel sal aan die pensioenfonds gestuur word en in terme van die "clean break principle" mag die bedrag aan u verskuldig onmiddellik uitbetaal word.

     

    Moet asb nie wat ek skryf as regsadvies beskou nie, dit is slegs wat my ondervinding is nadat ek al 20 jaar in Justise werk. Die beste raad sal van n opgeleide prokureur kom.

    • More, ek wil graag weet, ek skei nou. Kry ek net die helfte van die tydperk wat ons getroud was of die helfte van die tydperk wat hy in diens is? Help asb. Was 11 jaar saam maar net ses jaar getroud.

  • Sophie

     

    Soos Jimi tereg gesê het is die gade geregtig op 50% van die pensioengeld (bereken op egskeidingsdatum) indien dit so bepaal word in die amptelike  egskeidingsbevel.  Die pensioenfonds gaan slegs op 'n amptelike egskeidingsbevel reageer om  'n betaling te maak.  Daar is te veel kansvatters wat probeer om geld uit hul pensienfonds te onttrek voor hul aftreedatum.  Om dus jou regmatige aandeel te ontvang, sal jy deur die amptelike kanale moet gaan via 'n prokureur en die hof.  Aangesien julle op 'n vriendskaplike voet wil skei behoort die regsfooie nie te uitspattig te wees nie.   Sodanige egskeidingsbevele is ook nie meer die uitsondering op die reël nie, veral vandat die gelde onmiddellik beskikbaar is, voorheen sou jy moes wag tot jou man se aftreedatum vir 'n uitbetaling van jou deel.

     

    Soos Jimi is ek ook maar 'n leek as dit by regssake kom, so die beste is om 'n prokureur te gaan sien en nie ons "raad" as die alfa en omega te aanvaar nie.  Jy is egter geregtig op jou aandeel na 20 jaar.  Jou aandeel van jou man se pensioen behoort darem meer te wees as die regsfooie van die egskeidingssaak

     

    NS Ek hoop nie jul skikking is reeds afgehandel nie want dan gaan jy 'n baie slim (duur en skelm???) prokureur nodig hê

     

    Sterkte

  • Is dit bedrog as twee mense skei net om die pensioengeld te kry? En waar meld mens so saak aan?

  • Ek en my man was vir 24 jaar getroud en is geskei. Hy is weer getroud en hy en sy vrou is besig om te skei. Sy dagvaar hom vir helfte van sy pensioen wat R600 000 is. Ek het hom nie gedagvaar nie want ons het 'n mondelikse ooreenkoms gehad dat hy na ons gehoorgestremde seun sal omsien. Ek het nie werk gehad nie en kon nie na my seun omsien nie. Hy't die ooreenkoms verbreek. Kan ek hom nog dagvaar vir sy pensioen?

  • Ek wil net uitvind: my ma was getroud en het twee kinders uit haar eerste huwelik. Sy en die man was binne gemeenskap van goedere getroud, maar met die egskeiding het sy niks van sy mynpensiongelde gekry nie. Die man is so paar maande gelede oorlede en sy huidige vrou het al sy pension ensovoorts aan haar laat uitbetaal. Is daar enige kans dat my ma kan aanspraak maak op enige van die gelde?

  • Lizelle

    Ek persoonlik dink jou vraag is vermetel. Hoekom brei jy nie uit om te vra of sy nie van sy ander bates op beslag kan lê nie?

  • My man is vyf maande terug oorlede. Sy gewese vrou het lank terug tydens die skeiding haar deel van sy pensioen by Eskom ontvang. Hy het egter nog al die jare aan haar persoonlik moes onderhoud betaal en medies verskaf. Sy het 'n goeie werk en inkomste. My man het sy pensioen aan my bemaak en ek ontvang 'n maandelikse pensioen.
    Sy gewese vrou het nou deur middel van die maatskaplike werker van die pensioenfonds 'n eis ingedien teen die fonds vir die uitbetaling van die enkelbedrag op grond van die skikkingsbevel. Kan dit gedoen word?
    Baie dankie.

  • Hello. Ons is binne gemeeskap van goedere getroud. Ons was vir nege jaar getroud. Eks besig om te skei. Die skeisaak rek nou uit, want die uwe se eks nie geregtig op die helfte van sy pension nie. Ma my prokereur sê anders ek weet ek is verantwoordelik vir die tax op die geld. Nou praat hy van boetegelde op die geld en dat ek ook verantwoordelik daarvoor is. Hy maak my lewe hel' Hy's al verloof ma' nog nie eers geskei nie ... Raad op kan julle asb help.

  • Goeie dag
    My werkende kinders en my eks het vier maande voor sy dood versoen. Hy en sy derde vrou is geskei en het apart gewoon blykbaar agv sy insolvensie. Hy is oorlede voor hy iemand kon nomineer as begunstigdes vir sy pensioen, dus het my kinders en sy derde vrou geëis. Hul is per skrywe in kennis gestel die pensioen word aan haar toegeken. Aanvaar ons dit maar?

  • Eugene Fourie

    Hi het 'n lewensmaat wat nie in 'n testament of op pensioenvorms benoem is nie 'n reg op pensioen by afsterwe v d een?

  • Ek en my vrou het besluit om vriendelik te skei. Kan ek my hele pensioen aan haar oordra in ruil vir haar gedeelte van die eieindom? Ons is binne gemeenskap van goedere getroud.

  • Goeie dag

    Ek en my man is 16 jaar getroud en hy is nou op pensioen.Hy het van sy pensioen gevat en huis afbetaal. Mag ek nou dat ons op pensioen is van sy pensioen eis as ek wil skei?

  • Ek wil graag weet hoe die annuïteitspolis se waarde bepaal word. Is dit wat hy die dag sal uitkeer of wat sy afkoopwaarde is as jy skei? Ek en my vrou is tans besig om te skei.

  • Ek doen navraag namens my suster. Haar man wil van haar skei. Sy is baie sieklik en kan nie werk nie; paar rugoperasies ,spatare, en erge angs. Hy het ’n jaar of wat terug die huis verlaat en haar net so agtergelaat sonder kos ,elektrisiteit ens. Ek sien dat sy finansieel oor die weg kan kom. Hy het haar opdrag gegee om Des 2018 uit die huis te wees. Hulle is al 10 jaar getroud.
    Is sy geregtig op helfte van sy pensioen, medies of ‘n ongeskiktheids-onderhoud van hom af en kan sy vir Sasa registreer? Hy het baie skuld. Is sy ook daarvoor verantwoordelik? Moet hy vir haar blyplek kry vir ’n tydperk of nie? Sy pension was x bedrag. Is sy ook geregtig op sy pension voor hulle getroud was?

  • 36jaar getroud en my man wil skei. Ons is binne gemeenskap getroud. My vraag is, is ek geregtig op die helfte van die huis wat hy gekry het as erfporsie van sy pa? Ek het sy pa opgepas en versorg vir 15 jaar tot en met hy oorlede is.

    • Nie net die die huis word verdeel nie; alles, die huisraad, die motor, die hoenders en selfs die gewere in die kluis. Helfte van alles is joune.

  • Ek het dringend raad nodig. My man het my vandag laat weet hy wil skei nadat ons beplan het om te trek na ‘n groter huis waarvan deposito van R4000 klaar betaal is. Hy het per SMS laat weet hy het klaar blyplek gekry en ek kan maar die deposito van nuwe huis vat en my way gaan. Hy sê ek moet oor ‘n week uit. Mag hy dit doen? Ek het twee klein kindertjies en werk nie. Wat staan my te doen?

  • Gaan sien jou prokureur. Stel 'n eis in van R50 000 pm in vir onderhoudskoste: R20 000 vir elke kind en R10 000 vir jou. 'n Neef van my wat onlangs geskei het, betaal R90 000 pm onderhoudskoste. Skei is 'n duur storie.

  • Ek is in 2009 geskei. Ek het so vyf jaar terug uitgevind by ’n "broker" wat by Sanlam werk dat ek helfte van my eks se pensioen kan kleim tot en met die dag wat die laaste kind klaar gestudeer het. So ’n maand terug toe vertel my suster my dieselfde storie en sy werk by SARS. My prok het my nooit ingelig dat ek eintlik toe geregtig was op helfte van my eks se pensioen nie. Kan ek nog steeds kleim lê op helfte van sy pensioen? Ek en die kinders het so te sê met niks uit hierdie huwelik uitgestap. As dit so was en is kon ek vir my kinders ’n huis gekoop het want hy verdien oor die R100 000 salaris. Terwyl hy in ’n R 3 000 000 huis bly en ’n ander se kinders daar groot gemaak het, het ek en die kinders so verarm, ek moes hulle uit ’n tweeslaapkamer-woonstel groot maak en ry nog steeds die 1997 Jetta wat hy moes koop in die egskeiding, Hy ry tans die "latest edition" Fortuner en daar is net soveel van hulle in die mark.

  • Ek is twee jaar getroud en my man kleim nou die helfte van my pensioengeld en hy is die een wat uitgeloop het op ons. Wat sê die wet? Moet hy die helfte kry van die twee jaar of die helfte van my jare diens?

  • Hoop julle kan my help. Ek wil skei, maar my man is op pensioen en ons is binne gmeenskap van goedere getroud. Ek eis teen sy pensioen.

  • Ons is buite gemeenskap met aanwas getroud. Is my eks geregtig op my pensioen slegs van troudatum of my jare diens?

  • Sariana holtzhausen

    My man wil na byna 36 jaar skei. Ons is binne gemeenskap van goedere getroud. Vermoed daar is derde persoon betrokke. Mag ek onderhoud eis asook helfte van sy pensioenfonds? Hy het eiendom ook en mag hy my uit woonplek sit alvorens hy dalk prokureur gaan sien het en ek nie inkomste verdien nie?

  • My vrou het my geskei. Die laaste dag wat ons in die hof moes wees het sy verkeerde info gegee; sy het gesê Vrydag maar ons is die Woensdag geskei. Sy wou nie die helfte van my goed hê nie. Sy was oneerlik in die huwelik en het swanger geraak by 'n ander man voor ons geskei is.

  • Daleen van Rooyen

    Ons is 24 jaar getroud buite gemeenskap van goedere sonder die aanwas. My man is baie welaf. Kan ek op helfte van sy pensioen aanspraak maak? Daar is ook miljoene in 'n trust wat ek weet net hy en sy ma s'n is.

  • My ex man se pensioen het so twee maande voor ons geskei is, uitbetaal. Kan die hof 'n 50% bevel daarop sit vir my sonder sy handtekening? Hy was nie in die hof toe ons skei nie.

  • As ek en my man buite gemeenskap van goedere getroud is sonder die aanwas, kan ek aanspraak maak op sy pensioen of nie? Is 14 jaar al getroud.

  • Ek het my man geskei in 2009. Sy pensioen het uitbetaal en ek het nie ’n sent gekry nie. Ons het in die hof geskei. Is ek geregtig daarop?

  • Ek ht in 2014 mt I'll health afgegaan. Ek ht 3de uitbetaling gekry ek kry maandeliks pensioen. Ek wil skei maar ek wil weet as ek sterf sal my man nog steeds geregtig wees op 50% maandeliks pensioen. Ek will ni he hy moet financial sukkel ni. Ek weet ek is geregtig op 50% van sy pensioen.

  • Ek wil graag weet as ek en my vrou voorgee ons wil skei en ons doen dan so, MAAR net om die geld te kry wat aan my moet uitbetaal, is dit of is dit nie 'n kriminele daad wat ons doen nie om voor te gee ons is nie meer saam nie, maar na die saak lewe ons nog soos man en vrou. Kan u my asb daarop antwoord en wat staan my te doen as ek van so geval weet. Baie dankie.

  • Ek was 13jr getroud met n mediese dokter. Ons is 2009 geskei. Hy betaal R14 000 onderhoud en mediese fonds. Wat staan my te doen wat onderhoud betref indien hy voor my sterf? Ek is 65jr en hy 55jr.

  • Petro Minnaar

    Hi. Ek wil net weet. As jy getroud is met n Voorhuwelikse kontrak uitsluiting van die aanwasbedeling kan jy nog steeds van jou man/ vrou se pensioen eis?

  • Letitia Van Wyk

    My dogter is op 6 Febr finaal geskei. In die skikkingsooreenkoms is 50% van sy pensioen toegestaan deur die Hooggeregshof in Pretoria. Nadat alle vorms ingedien is en goedgekeur is, het haar eks die proses laat stop omrede hy aanvoer sy handtekening is vervals. 30 dae is reeds verby, daar is nog net 30 oor om die geld te ontvang. Die hele proses van uitbetaling is nou vertraag. Wat staan haar nou te doen, hy wil nie geld afstaan nie?

  • Ek is geskei in 1989. Ek is weer daarna getroud. Ek is in diens van die SAPD nou vir 32 jaar en wil ontslag koop. My skikkingsakte se dat 50% van my pensioenbelang aan my eks betaal moet word. Is dit 50% van al my pensioengeld of net vir die tydperk wat ons getroud was?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top