Hello,
Tesame met hierdie brief behoort daar 'n brief gepubliseer te word wat die globale stand van opstande uitlig en sekere temas bevestig. Soos die lesers hier weet het Mohammed Morsi die naweek mag verloor en is die staatsgreep volbring. Daar is debat oor wat dit genoem moet word en is dit nie doel van hierdie brief om dit te probeer verklaar nie. Wat wel wil uitgelig word, is 'n onderhoud gevoer met 'n uitsonderlik 12-jarige seun en sy ontleding van wat aan die gang is in Egipte.
Vir die wat nie video kyk, let op die gemak en weldeurdagte ontledings waarmee hy kom:
Hy voer aan dat daar is nie met groot moeite bevryding beding het van 'n vorige diktator net om dit te vervang met 'n Fascistiese teokrasie nie.
Hoe weet hy dit?
Hy luister na die mense rondom hom, luister radio, kyk nuus, en lees koerante en besef die noodsaaklikheid vir sosiale regverdigheid en ekonomiese opheffing.
Net soos hy sy kommer uitspreek oor die gebrek aan vrouens in die politieke bestel en die drakoniese regulasies wat teokratiese beginsels daar stel en verwys hy na die grondwet, wat hy gelees het, en die bewoording in die grondwet as onaanvaarbaar beskryf wat dit ondergeskik stel aan die teokrasie.
Die grondwet het hy afgetrek van die internet.
Daardie onderhoud kan hier gesien word.
Dit word aan die leser gelaat om te oordeel, maar vind ek hom uitsonderlik welgesproke en 'n voorbeeld vir 'n denkende jong persoon.
Ek glo werklik dit is die moeite werd om hom te sien.
Baie dankie
Wouter

