Eerste weergawe: IV

  • 0

Kruis die Zambesi
Kruis die
Okovango Delta

Kruis die Namib
Kruis die
Richtersveld

Kruis die grense
Kruis die
Wit brand

Swart kole smeul onder die
Wit brand

Kruis die gier
Kruis die
Gouemaansiekte

Kruis die state
Kruis die
Oranjerivier

Klippe maal onder die
Wit waters

Kruis die bankies
Kruis die
Sandstrande

Kruis die WAT
Kruis die
Fraai woorde

En strikdasse

 

(Redakteursnota: Die eerste weergawes van die verse is sonder enige veranderinge opgelaai.)

 

Keer terug na die SkryfNet-indeksblad.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top