Eer jou ouers: ma en pa, ma en ma, pa en pa, net-ma, net-pa

  • 10

Die anne dag staan ek in Observatory, Kaapstad, en kyk na die geraamtes van die ouetehuis wat nou al vi jare daa gestaan het. Dis net stof wat staan, en gebriekde bakstiene wat ront lê, en bulldozers wat in stilte hulle bekke oep en toe klap soes hulle vêder die ouetehuis afbriek en weg dra.

Nou vi al die tyd wat ek in Obs gebly het het die mense wat by die ouetehuis gebly het deel van my Obs experience geraak. Ek het altyd gewonne vi myself, as ek hulle soe sien loep het, maa nou waa is hulle kinnes, of klein kinnes dan? Waa is hulle families lat hulle nou op ou dag, moet in ʼn ouetehuis loep bly? En ek het altyd gesê, nooit sal ek toelaat lat my ma, of pa, of my skoonouers hulle voete in ʼn ouetehuis sal sittie, wan hoekô moet dit gebee, wanne hulle ôs groot gemaak het.

Maa dissie soe maklik soes dittie. Wan ek het nooit gedink dat miskien is van daai oumense wat in die ouetehuise bly miskien sonne familie, miskien was hulle geboore, maa af gegie an die Staat, wan you know, life happens, miskien het hulle hulle families veloo deu een of anner ramp, miskien wil hulle nie by hulle familie gat bly nie, wan hulle soek daai independence, hulle wil nog wys dat hulle kan agte hulle self kyk, miskien kon hulle nooit trou, wan hulle liefdesverhoudinge was illegal in die oë van die Staat, en ek praatie net van die Mixed Marriage Act nie, maa gay en lesbian vehoudinge oek. Daa is soe baie maybes en goed, dat ek dinkie ʼn mens kan die vrae beantwoortie.

Maa wat vi my important en hoekô ek skryf hie’oo gat oo hoe ôs, ôs se groot mense, en oumense treat, nevemind of hulle familie is, of nie familie issie. I think we’ve completely lost sight of what the elderly mean to us as a society.

Ek sien hoe swaa my pa nou kry nadat hy op 60 moes aftree. Nou djy wêk jou hele liewe lank vir ʼn company, en op 60 dan stop alles netsoe met ʼn groot BANG! En natuurlik, kan ʼn die mens wat moet aftree op 60 mos nou vêder wêk en dinge doen wat hulle nog altyd wou gedoenit. En vi baie mense wêk dittie soe nie, wan na ampe 40 tot 50 jaa se gewêk an ieman annes se droeme, dat djy nie wiet hoe om die pad na jou eie droeme trug te kry nie. Maa dan is daa vi my die anne vraag, wat gebee met al daai wisdom en experience wat mense wat opgebou het oo al daai klompie jaare? Dit moet tog iets werd wies?

Die kapitalistiese society skryf mos nou voo hoeveel werd oumense en hulle wysheid en experience rêrig is, en dit skryf oek voo hoe oumense getreat moet wôt, dis vi my nie ʼn wonne ôs is soe bang om oud te raakie. Wan djy raak ʼn niks, jou liggaam stiek jou in die skanne, en dies wat djy geboore het, of dies wat om jou is, stiek jou in die skanne, en die system wat djy jou hele liewe lank voo gewêk het smyt jou uit, en stiek jou in die skanne. Hulle gie jou net ʼn stukkie van jou geld, wan hulle moet jou nog steeds control op jou ou dag, hulle moet nog steeds geld maak uit jou geld uit, en vêder an hulle droeme bou. Dink djy dis reg, of dis just, of menslik om iemand soe te hanteer?

Die Heilige Boeke praat amal van hoe ôs ôs ouers moet eer en respekteer, en ek wiet oek, en vestaan dat daa baie ouers, grootmense, of oumense is wat daai eer en respek nie deservie. En dis moeilik om die kwaad en pyn in mens se binnestes oo wat hulle gedoen, of nie gedoen hettie, te lat gan, en soms is dittie soe plein-en-simpel soes dittie, om te vegiewe en te lat gannie.

Maa ôs moet een ding onthou, ôs se grootmense, en oumense hulle is mos die bakens van ôs se veliedes, die storieboeke wat ôs kan vetel en trug vat en ôs in strate lat loep waa hulle voetspore gelos het.

Ôs mag nou liewe in die Vierde Industriële Revolusie, en dinge mag nou nuut wies, en ôs liewe mag exciting lyk vorentoe, maa oo ʼn paa jaar sit ôs in die selle boat, dan is ôs die oumense wat op neer gekyk wôt, wat uitgesit wôt, wat weg gegooi wôt.

Ôs moet ʼn bietere way kry om hulle te wys dat hulle nog waarde in die liewe het. Doen jou deel die vakansie, en die Krismis, en wies daa vi ʼn ouma, of ʼn oupa, of ʼn grootmens in jou liewe, of as djy nie een hettie, daa is baie daa buite wat allien is, en wat miskien hulp nodig het. Ôs moet hulle dra soes hulle ôs gedra het, soedat ôs “kinnes” ôs oek soe kan dra.

Dankie vi die lies, en di onnesteuning.

  • 10

Kommentaar

  • Avatar
    Oudemens Vlakvark

    Treffend gestel. Baie dankie.

    Belangrikste is dat ons ons naaste NOU vergewe vir hul oortredinge teenoor ons menswees en ons menswaardighede. Want indien ek nie vergewe nie, hoe kan ek verwag dat my Skepper my vergewe vir al my sondige wandade?

  • Barend van der Merwe
    Barend van der Merwe

    Wonderlike skrywe! Dit inspireer my nou sommer. Jan Rap, dit is bekend dat die betrokke skrywer in Kaaps skryf. Dit is goed dat daar in Kaaps geskryf word. Afrikaans was ook eens so afgemaak as 'n vreemde manier van skryf deur al wat 'n behoudende dominee is.

  • Hey, Barend. Baie cool gesê, dankie, ek waardeerit. En dankie dat djy lies, en vi my en Kaaps, onnesteun! Lekke dag vi jou!

  • Barend van der Merwe
    Barend van der Merwe

    Jan daar is baie inligting oor die verkille tussen Kaaps, Afrikaans, Oranjerivier Afrikaans en so aan en so meer. Jy is slim en sal nie sukkel om die verskil te kan sien nie.

  • Mooi gesê. Dankie virrie aa'tikel. Ofcourse issitie soe simple nie. As daa trauma tussen die verhoudings was, kan daai oek 'n rede wees hoekom daa distance is tussen kinners en ouers. Hierrie trauma verhoudings is baie common in common society. Ôs wil peace maak met ôse families, maar baie van ôse families is toxic en peace issie altyd possible nie. Vir baie mense is krismis en festive season 'n reminder dat hulle nie hierrie holidays kan genietie oor hierrie redes. Hoe hanteer ôs dit in society?

  • Dankie, Tasneem. Ek dink oek dis baie moeilik vi grootmense om deu hulle eie traumas te wêk, wan miskien wiet hulle nie eens dat hulle met trauma sittie. Die woort 'trauma' is mos maa 'n woort wat ôs nou gebruik, en vestaan. En dis tog moeilik vi ôs om deu ôs eie traumas as jonger mense deu te wêk, en tog wiet maa baie min van ôs hoe om ôs traumas te face en deu dit te wêk. En dit maak dinge moeilik, maa wat vi my annie annekant belangrik is, is dat ôs moet maa sorg waa ôs kan sorg, en deure oep maak vi hulle waa ôs kan. En try om te praat, en try om te luiste, en met 'n sagte woort try om te challenge, met volle respek.

    Ek wiet dis maklik gesê, maa Khalil Gibran sê, "Seek ye counsel of the aged for their eyes have looked on the faces of the years and their ears have hardened to the voices of Life. Even if their counsel is displeasing to you, pay heed to them."

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top