Eensame simptome
Eensame simptome, verlore gebore
Eensame simptome, verlore gebore
Een laaste lyn en die pyn het verdwyn
Maar jou woorde sit vas in my kop
Jy is verbied om jou self te geniet, jou lewe is ? hel
Waarheen, waarheen verdwyn die son?
KOOR:
Sien jy kans vir ? eensame lewe
Genesing maak jou hande bewe
Jou vadersnaam is klaar besmet
Jou lewe is ?
jou lewe is ? hel
Waarheen, waarheen verdwyn die son?
Die poeier dom ....
die poeier domineer jou lewe
Salf vir die wond en jou sonde
Salf vir die wond en jou sonde
Salf jouself vir die wond en die sonde
Waarheen, waarheen verdwyn die son?
KOOR
(Arno Autotune)
Almal het elkeen hul eie probleme
Wat maak joune soveel erger as myne?
Ek verstaan jou nie
Ek verstaan jou nie
Hoekom doen jy sulke goed
om jou lewe reg te maak?
(Ek wens ek kon net vir jou sê)
Ek wens ek kon net vir jou sê
(Jy’s is beter)
Jy is beter as dit
KOOR
? Sakkie poeier vir die pyn
Jy lewe lyn vir lyn
Eensame simptome, verlore gebore (x4)


