Eensaamheid

  • 2

Foto: Canva

Eensaamheid

Die eensaamheid hang oor haar skouers soos ’n kleed … ’n kleed van lood.

Haar hart voel koud … dood. Voel net die eensaamheid.

Haar hart klop, want God wil.
Haar longe haal asem, want God wil.

Haar voete sleep. Sy smeek … kyk my net mis.
Moenie vra, moenie sê, moenie verwag.

Sy’s dood van binne. Haar knieë is lam. Sy dra swaar. Sy bid pleitend …
Here, verskuil my onder die vloerplanke … maak my dun, onsigbaa r…

Die eensaamheid hang soos ’n kleed oor haar skouers …
Sy trek die kleed oor haar kop en verdwyn … laer as die grond, onder die vloerplanke in.

Veilig… in ’n boks van niks…

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top