Eendag, vandag

  • 21

Foto: Canva.com

Eendag, vandag

Jy word deur die dag geloer, 
die mens is verbygaande. 
Die diepte van die pot eindig by die 
laaste honger kind se geskreeu. 
Jou uittrap skep moed 
by die kind, vanaand sal ons eet. 
Jou verfoeisels van die verlede 
word verbreek deur die hoopvolle 
kind, vertrou daarin dat sy opkoms 
soet sal wees.

  • 21

Kommentaar

  • Leona Conradie

    So goed Jerome!!!! Hierdie gedig van jou wys op ’n baie mooi manier waardeur die werkende mens elke dag gaan, waardeur sukkelende ouers of miskien enkelouers elke dag gaan en wat hulle aan die gang hou deur al die moeilike dae. Jou gedig is dus ’n mondstuk vir so baie mense♥️♥️♥️♥️♥️

  • Dis baie mooi Jerome. Die gedig is 'n weerspieëling van baie sukkelende ouers wat net die beste vir hul kinders wil hê en wat hard werk om dit vir hulle te gee. Baie mooi Jerome! Sien uit na nog gedigte!🌻

  • So relevant in Suid-Afrika waar die hongersnood 'n groter impak gehad het as die Covid-pandemie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top