Eenakters gesoek

  • 0

Best Books, ’n druknaam van NB-Uitgewers, is opsoek na eenakters vir ’n splinternuwe bundel vir Afrikaans graad 12-leerders. 

Die werk moet ’n debuutwerk wees en aan die vereistes van ’n eenakter voldoen. Die fokusgroep is Afrikaans graad 12-huistaalleerders. Taalgebruik moet van so aard wees dat die eenakter aanslag by leerders, die keuringskomitee en ouers sal vind. Geen krutaal en eksplisiete sekstonele nie. 

Enige aktuele tema kan aangespreek word. Lengte: 3000-5000 woorde, met toneelaanwysings ingesluit. 

Sluitingsdatum: 30 November 2013. 

Stuur voorleggings in Word-formaat, 11pt Garamond, 1.5 spasiëring aan henk.viljoen@nb.co.za

’n Toestemmingsbrief moet die inskrywing vergesel waarin toestemming vir moontlike publikasie gegee word.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top