"Een Virrie Pad" deur Fanie Viljoen

  • 0

Een Virrie Pad

Kom, lig nou jou glas, laat ons drink op die aand
Met vriende soos dié kan jy ver kom vanaand

Gys is die een met money to spend
kies moet jy kies, tussen drankgeld of rent
Johnny se vrou’t hom vandag toe gelos
vir ’n man met ’n job en ’n kombuiskas vol kos

Maar blink geskink is die lewe oukei
Die lewe’s ’n lied, maar die lied gaan verby

REFREIN:
Een virrie pad, my maat
virrie lang dag wat voorlê
Virrie pad, my maat, vir die dae verby
Virrie alleenwees en die saamwees
virrie huil en die blywees
My maat, nog een virrie pad

Jakes sweer die duiwel’t hom in die toilet gecorner
om sy vrou by die huis met die kaalvuis te donner
Vonk Botha sluk pille vir die highste high
trip sagkens op E en stop duskant fyndraai

En blink geskink is die lewe oukei
Die lewe’s ’n lied, maar die lied gaan verby

REFREIN

Martin’s die ou wat nie kan verstaan
waarom Essie, die lessie, nie wil val vir sy charm

En blink geskink is die lewe oukei
Die lewe’s ’n lied, maar die lied gaan verby

REFREIN

Digters, dromers en drenkelinge weet seker
dat die nektar wat rol in Bacchus se beker
nie die pyn in jou lyf sal wegvat nie
Nie die leegheid in jou hart sal voltap nie
Nooit kan keer teen die lewe se seer
of die stukkende plekke sal reg lap nie

Maar steeds lig ons die glas en ons drink op die aand
want met vriende soos dié kan jy ver kom vanaand

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top