Dwelms in Sjina

  • 0

Sjina het ’n baie slegte ondervinding gehad in sy geskiedenis agv dwelmsmokkelary.

Die Britte het natuurlik op reuse skaal dwelms Sjina ingebring en derduisende is verslaaf, die Engelse het vet pond gemaak en die Britse regering baie gelukkig met die situasie.

Die Sjinese minder so.

Toe hulle egter summier die Britte se dwelms konfiskeer en verbrand, het die Britte dadelik oorlogskepe ingestuur en groot dele van Sjina is oorgeneem, en verslaaf, die Sjinese het dus uiters slegte herinneringe van buitelanders wat dwelms Sjina insmokkel ... oor die afgelope jaar of wat weet ek van heelwat Japanese, Taiwanese, Honkies, Britte, en allerlei nasies wie tereggestel is op die klag van dwelmsmokkelary hier.

Die boodskap is verskriklik eenvoudig:

Moenie ...

Francois Williams

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top