Duskant die vreesgrens

  • 7
Dit is net lewendes wat intelligent kan wees. Daar is darem al 'n klompie van die intelligentes wat dit besef.
 
CM
  • 7

Kommentaar

  • Laat my dink aan die twee grotbewoners wat gefilosofeer het oor wat en hoe gereedskap moet wees. Hulle kom toe ooreen dat dit van klip gemaak moet wees, en in jou hand pas. Hulle sou darem lekker geskrik het vir 'n stootskraper.

  • 'n Definisie van lewe? Die hooftrekke van lewe is:
    1. dit moet georganiseerde struktuur hê;
    2. moet inwendig kan reageer op veranderinge in die omgewing;
    3. moet energie uit die omgewing kan trek om bogenoemde te kan onderhou;
    4. moet kan reageer op eksterne stimuli;
    5. moet nie net opgaar nie maar ook groei;
    6. moet kan aanteel;
    7. moet ook kan aanpas by langtermyn veranderinge (of langtermynveranderinge soos Jan Rap dit wil hê) van die omgewing.

    Hoesdaai? (Of hoe's daai?)

  • My gunsteling is: lewe is gebaseer op DNS, want nou moet jy jou storie ken. Vra jy wat lewe is, is die antwoord nie sommer net DNS nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top