Jy sug weemoedig oor Chr_stene Krismis vier, omrede niemand kwansuis presies sou WEET wanneer J_sus gebore is nie. Ook gaan jy so ver om te bevraagteken of gelowiges met hul viering van hierdie dag (25 Desember) hul kinders wel “help op die pad van geloof in G_d” (’n oksimoron, maar dit vir eers daar gelaat).
My vraag nou aan jou: Synde jy geen stawende bewys het vir jou proposisie dat J_sus wel geleef het (en dan boonop gekruisig is en uit die dood opgestaan het nie), maar dit tog GLO; waarom dan nie ook sommer net GLO dat H_ op 25 Desember verjaar nie?
In for a penny, in for a pound, seg ek altyd.
Oom Daan

