Duitswester en die Kersvieringe

  • 0

Duitswester

Die Kersfees wat jy hier beskrywe, is juis die tipe verwêreldse rituele waaraan geen ware Christen deelagtig wil wees nie. Kersfees is ’n stigtelike dag waarop die ware Christen nie geskenke uitdeel onderling nie, maar uitgaan en goeddoen aan ander en met hulle op subtiele of direkte manier, hoe die omstandighede ook al verg, die Blye Boodskap in die koms van die HERE aarde toe.

Wat jou gewaagde interpretasie van die Katolieke “Christmas” aanbetref, is dit vêrgesog en het dit nie, soos jy sê, betrekking op die dood, nie (tensy jy byvoorbeeld, die Nagmaal wat deur die HERE Self voorgeskrywe is, so wil aanmerk terwyl dit juis op verlossing van die dood wys) en is jou vertolking ’n onnodige eng en foutiewe vertolking van die begrip “mass”, maar het eerder betrekking op die Sending (afgelei van die Latynse Ite, missa est).

Maar dit is so dat die Katolieke gebruike en rituele is al sedert die vroeë Middeleeue ’n ontsaglike verleentheid vir en klad op, die ware Christelike Godsdiens en moet jy dit liefs nie voorhou as tipiese Christelike gebruike nie. Die Katolieke gruwels in die Naam van die HERE het al in die sestiende eeu tot geweldige verdeling gelei.

Die gebruik van geskenke aan mekaar onder ware gelowige Christene het in onbruik verval en het vroeër net gedien om die geboorte van die HERE as geskenk aan die mensdom te simboliseer – maar juis vanweë die kommersiële karakter wat dié onnodige gebruik begin verkry het en die swak simboliese waarde daarvan (is daar énige iets waardig genoeg waarmee die mens nou die ware steeds Lewende geskenk van die HERE Jesus Christus aan die mens, kan simboliseer en waarom is ’n simbool hoegenaamd nodig, want die HERE Lééf steeds en só vir ewig), is dit verwerp.

Mens begin amper die indruk kry van jou reeks skrywes die laaste tyd, dat jy besig is met ’n vendetta teen Christene, weens die negatiewe ondertoon, maar nie jou huiswerk eers behoorlik doen nie … is dit so? Byvoorbeeld, hierdie aanmerking van jou is ’n perfekte voorbeeld – in stede dat jy ’n gebalanseerde aanbieding doen, is dit telkens nodig vir iemand om agterna te kom en die werklike perspektief uit te lig, omdat jou skrywes dit nie doen nie.

Groete,

Kobus de Klerk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top