Duitswester draai rondomtalie

  • 0

Duitswester

Jy sukkel báie met verstaan.
Jy sê dat ek jou vrae omtrent die Drie-eenheid ontwyk en dat jy die laaste maal aan my daaroor geskrywe het op 17 Maart 2011. Jy is reg oor 17 Maart, maar verkeerd oor die res. Jy ontwyk weereens my baie direkte antwoord daarop gedateer 18 Maart 2011.

Daardie vrae, in antwoord op joue (eerlike beantwoording deur jou sou enige redelike twyfel uit die weg ruim), bly dus, op jou eie erkenning, as onbeantwoord en ek wag steeds op jou antwoord.

My leermeesters is nié dié van Nicea nie, maar my Leermeester is wel die HERE in Sy Woord en deur Sy Heilige Gees. Ek het my nog nooit, soos jy, op menslike leermeesters verlaat nie – hulle maak foute – groot foute, nes jou voorgangers, die fariseërs. My insig en opleiding kom deur gebed, afsondering en toewyding (vóór ek met die ou kerkvaders en werke te make gekry het). Dalk moet dit by jou opkom dat sommige van of meeste van die Nicene dan óók in die Woord deur die Gees gelei is … maar jy verpolitiseer dit eerder soos jou voorgangers, die fariseërs, probeer het om die advent en die wederopstanding van die HERE Jesus Christus, die Messias, te verpolitiseer. Hulle het tóé, nes julle vandag, oor persoonlikhede en vergaderings gekibbel, in stede om eerder stil te raak en algar deur die Gees gelei te word oor die uitleg van Sy Woord.

Jy is wel reg as jy sê dat Mattheus 18:19 (jy verwys na 15?) nie beteken dat twee of meer iets “in die Naam” kan vra en dan outomaties is dit “oraait” nie – nee, dit veronderstel dat dié versoek ooreenkomstig die Woord en die Gees sal geskeid, soos ons dit dan ook doen – die “sake” waarna jy verwys, is énige spirituele sake (alles raak die Evangelie), ook dié oor die herdenking van die HERE se geboorte op ’n dag soos byvoorbeeld, 25 Desember. Maar dit was eintlik vers 20 waarna ek verwys het, met verwysing na ware gelowiges se samekoms in die Naam van die HERE om die HERE se geboorte op 25 Desember te herdenk – lyk my jy het dit nie begryp nie.

Jy wil weet oor die holocaust, die inkwisisie, die kruistogte, ens?

Die holocaust is reeds deur die profete Esegiël (22:18-22) Jeremia (16:16-21) geprofeteer – moenie dat die redes daarvoor wééreens die toorn van God op die hals vir julle bring nie … selfs die bekende Simon Wiesenthal het gewaarsku, soos die volgende staaltjie demonstreer “Could it happen again, even in the United States?” vra ’n groepie studente vir Wiesenthal. Sy antwoord? “Yes. All you need is a government program of hatred and a crisis. If it happened in a civilized nation like Germany, which was a cultural superpower, it can happen anywhere. When I was a young man in the 1920s, our answer to Hitler was to laugh and make jokes. How could a man with such crazy ideas succeed ...”

Die inkwisisie, kruistogte and ander vergrype wat polities gemotiveerd en énigeen met net ’n bietjie verstand sal weet dat die aanvoorders daarvan bloot die Christendom probeer misbruik het vir hulle eie politieke wanpraktyke – en almal het klaaglik misluk, want die HERE, die Messias, laat dit net eenvoudig nie toe nie.

En oor ’n oog vir ’n oog, kan ek uit ondervinding getuig, ja. Kan jý? Of wag joue nog vir jou …

So, ek is gereed om enigiets te beantwoord wat jy my vra, maar jy? Jy sê sleg en kruip weg en vermy vrae. Ek noem dit, sodat jy weet, ons ander kom dit agter. Jou slegsêery en pogings tot verdagmakery kán ongelukkig nie jou eie onkunde en onbeholpenheid verdoesel nie. En kyk na jou trant, dit is kompleet asof jy dink is, is op een of ander manier skrikkerig vir jou … Hehehe …

Jy is mislei. Opregte gesprek met my, of enige ander ware gelowige (hulle is onbaatsugtig en skroom nie vir die gevolge van die Waarheid nie) kan dalk baat.

Groete,

Kobus de Klerk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top