Dubble SAMA wenners CH2 by Die Boer Restaurant Teater

  • 0

Leon en Corneille van die multi-bekroonde CH2 kom speel die Kaap aan die brand in Desember! Die twee het hierdie jaar ook vir die eerste keer draai gemaak by Huisgenoot se Skouspel, tot groot vermaak van die gehore. Energieke en virtuose kitaarspel is die hoofmaal op die spyskaart, met ‘n paar lawwe kwinkslae vir nagereg.

Defnitief geskik vir die gesin, kom geniet ‘n paar bekende kitaartreffers, asook heelwat nuwe komposisies uit die pen van CH2.

Datum: 19 Desember 2013
Plek: Die Boer Teater
Tyd: 20:30
Koste: R100
Bespreek: 021 979 1911 / 083 406 011

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top