Dubbele Rapportprysfinalis bied sy skryfkursus aan in Johannesburg

  • 1

harrykalmer650

Harry Kalmer, bekroonde skrywer,dramaturg en finalis in twee kategorieë van die 2015 kykNET-Rapportprys, bied  sy  gewilde tweedag skryfkursus op Saterdag 7 November en 14 November in Johannesburg aan.

“Wanneer dit by storievertel kom, is daar reëls, gereedskap en vaardighede wat almal kan aanleer en gebruik. Oor twee dae gaan jy hierdie dinge ontdek en verken. Dis 'n praktiese slypskool en jy sal wegstap met 'n nuwe stel ‘gereedskap’ wat jou sal help om jou storie beter te vertel,” sê Kalmer.

“Ons sal praat oor waar stories vandaan kom en praat oor die vrees vir skryf, publikasie en selfs sukses. Beginne en eindes, die belangrikheid van verbeelding en persoonlike ervaring word ook bespreek. Of  jy nou ‘n beginner of ‘n ervare skrywer is; die twee dae is ontwerp om te inspireer en te motiveer.”

Die kursus vind daagliks van 09:00 tot 16:00 plaas. ’n Ligte middagete en koffie/tee is ingesluit.

Navrae en meer  inligting is beskikbaar by: harry@kalmer.co.za

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top