Vers:
Onbekende dreig op die horison
gaan met vrae en onsekerheid my dae om
net ‘n dowwe beeld wat voor my lê
kontempleer en probeer vorentoe beweeg
Koor:
Ek onthou die dae toe niks onmoontlik was nie
Ek onthou die dae toe liefde nie seer kon maak nie
Ek onthou veral hoe groot ons drome was
Ek onthou toe ons drome vol kastele was
Vers:
Soms wens ek dat ons weer soos kinders kan baljaar
Rondomtalie ry en saam met oupa grappies maak
Maar tyd stap aan ... moet ek my drome maar laat vaar?
Tyd stap aan en hierdie seun word ‘n man
Koor
Ek onthou die dae toe niks onmoontlik was nie
Ek onthou die dae toe liefde nie seer kon maak nie
Ek onthou veral hoe groot ons drome was
Ek onthou toe ons drome vol kastele was

