Geskryf vir: Straatligkinders
Is daar iemand wat luister?
Dalk iemand wat my kan hoor?
As jy doen gee my asb die lewe se geheime kode
Geheime kode
Is ons net lewens wat in die noodlot se ry staan?
Droom verbode
Moeite vir die sprokieslewe stagneer
Is dit droom verlore?
Optree voor on geïntreseerde gehore
Word geoordeel voor die selfgestigde verhore
Dit hoort nie so nie
Refrein:
Ek het lank genoeg my woorde versmoor
Ek dink dis tyd dat almal dit hoor
Dis tyd om vir vergifnis te vra
Dit raak al hoe moeiliker om die wêreld op my skouers te dra
Raak ontslae van daai oorspronglose seer
Hou aan loop deur die donker weer
Stuier, maar staan op en probeer net weer
Met vertroue kan niks jou keer
Refrein (x2)
Vertroue
Hoop
Liefde

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

