"Droom, droom" deur Dawid Schalk van Vuuren

  • 0

Droom, droom

Ek is ? spook wat rondloop in die stad
Water wat afloop in die pad
Ek is ? bedelaar, ek is ? skat
Ek is ? skadu, ? droom in ? gat

Nou sal ek droom
van ? droom binne ? droom
En op springkastele spring tot ek die sterre vang

(Gaan ek dan)

Rondswerf, in stede nie my eie
Met vreemde tonge en seine in skadu’s kuier
Drome droom, al dan nie my eie
En vlerke span selfs nog weier

Nou sal ek droom
van ? droom binne ? droom
En op springkastele spring tot ek die sterre vang

(Ek sal die)

Lugkastele klim
tot die buitenste, buitenste
van die heelal
Om tussen sterre te gaan dwaal
En ons drome te verhaal

Is dit wat ons verdien
die drome wat ons droom as ons dit sien?
Of is die drome wat ons droom
net wat ons kan sien?

Is dit dan wat ons sien
die drome wat ons droom na ons dit sien?
Of is die drome wat ons droom
net wat ons verdien?

Nou sal ek droom
van ? droom binne ? droom
En op springkastele spring tot ek die sterre vang

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top