Drome
As ek lê saam met jou
op die naat van my rug
en ons kyk hoe die sterre dans
in die hemel lug
Sit jou hand in myne
maak jou oë styf toe
Vergeet van die verlede
ons kyk vorentoe
REFREIN:
Ek wil drome bou saam jou
Op lugkastele dans met jou
In my hart wil ek jou hou
En as ek droom
wil ek droom saam met jou
As ek lê saam met jou
op die naat van my rug
en die maanlig dans
oor jou gesig
Ek voel jou hand in myne
Dis my grootste fantasie
om te droom vir môre
en nie gister nie
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


