"Drie-oog stad" deur Lizette Snyman

  • 0

Drie-oog stad

So flikker die stad sy koue oë
Oranje, rooi, groen, oranje, rooi, groen
Instinktief weet motorbestuurders
wat om met elke oog te doen

Die bosveld se oë flikker
silwer vonke in die nag
Skarrel daar vuurvliegies
terwyl die Aandster lag

In koue winters sit ? stadskind
voor ? antrasiet-tipe stoof
Verlangend na bietjie vryheid
van sy ruimte ook beroof

In die bosveld knetter my vuur
hardehout se kool brand lank
Waar mens salig sit en luister
na hoe mooi ? jakkals tjank

Jy eet vinnig ? take-away
Betaal vir jou parkering
In markiestente vol predikers
kom mense tot bekering

Die stad is ? vreemdeling
Meesal maak hy my maar bang
Oranje, rooi groen-oog
wat my elke keer wil vang

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top