Geskryf vir: Straatligkinders
Jy’t gebiggel oor die pad
Jy’t verdwaal net na die stad
Verby jou eie drome
Gaan soek na nuwe woorde
So, sit neer jou tas
Pak uit jou hart
Maak oop jou drome
Soos jy aan mense vat
Refrein:
Want ek is maar net ?wandelaar
Vol stories op ? oop pad
Vasgevang in ?bundel
Soos jy aan my hart kom vat
Ons deel die selfde ek
Ons kom van die selfde plek
Verrinneweer deur die sein
Draagwydte van ons pyn
Kom, gesels met my
Sê wat jou voel
Woorde van uit jou hart
Soos jy aan mense vat
Refrein
Kom lê jouself nou neer
Kom lê op ons roosmatras
Jou smile het my verlei
Temptation is hier om te bly
En neem my saam
Na waar jy dwaal
Wys my jou pad
Soos jy aan mense vat

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

