Draadloos

  • 1

Indien jy met 'n draadloos groot geword het, bly dit in jou bloed. Destyds, voor TV in Suid-Afrika bekend gestel het, was radio die ding. Dit of lees.

Springbok Radio se verhale was 'n groot trekpleister.. Ek was 'n bogsnuiter en nie daarin belanggestel nie.

My eerste waarneming van radio se trefkrag was Inspector Carr Investigates en Squad Cars.

Dan was daar juffrou Maud Balie se Protea-program. Dit was tien minute, maar kan nie onthou op watter stasie nie.

Een mooi ding van die Springbok Radio-verhale was hul name. En iemand in Eersterust het dit letterlik toegepas.

Wyke het name gekry. Nantes vernoem na Die Geheim van Nantes. Nou hier is 'n geheim. Ek vertel dit op 'n beter dag.

La Rochelle - vernoem na Die Rossouws van La Rochelle.

Geluksdal vernoem na die soortgelyke storie.

Maar radio het ook ander trekpleisters gehad. Soos versoekprogramme. Daardie dae was dit die Moody Blues, die Beatles, Rolling Stones, Santana en onder meer The Mommas and Pappas wat die lugweë gevul het.

En moenie Pat Kerr se Forces Favourites vergeet nie.

Na ons trek van Elim het 'n mens gewoond geraak aan Danie Smuts, Dana Niehaus, Rocco Erasmus, Leon van Vrede, Oscar Renzi om 'n paar te noem.

Min sou ek in my stoutste drome kon droom dat ek as joernalis nog met die eersgenoemde twee sou kennis maak en werk.

Maar wanneer draadloos in jou bloed is, is dit diep gewortel.

Daar is eintlik min van vandag se aankondigers wat by die ou geslag sou kon kers vashou.

Megaherts groete

Yuri

 

  • 1

Kommentaar

  • Jy bring groot verlang terug, eintlik heimwee. Ek klou nie aan die verlede vas nie maar draadloos luister was nogal lekker. Kan ongelukkig vandag se dae meer so sê nie. Vandag se draadloos luister is net anders. My suster het my een dag vertel sy en my pa het op 'n dag vir iemand gaan kuier. Dit was in die agtermiddag gewees. My suster was omtrent 15 jaar oud. By die mense aangekom vra my sus die tannie of sy die draadloos kan aanskakel want sy wil stories luister. My suster moes toe rukkie wag sodat die draadloos kan "warm" word. Sy skakel toe op Springbok-radio in. So rukkie daarna is daar 'n advertensie en die tannie hak af en sê, "haai my kind jou tante het nie geweet die draadloos kan ook Ingels praat nie." Iemand het blykbaar die radio vir hulle gegee en op die Afrikaanse diens ingeskakel en so gelos.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top