"Dra Die Donker uit Ons Harte" deur Jacques Gerhard De Villiers

  • 0

Dra Die Donker uit Ons Harte

Ek vlug in my hart na die verte
Dis ? skootklap verwilderende wêreld
wat my spoor op sy padkaart
teen die middernag se maanlig hou
En my weer vastrek in die hoekies van my siel

Ek dra ? droom, ek dra ? hoop
Dat jy sal wegdraai en jou kloue sal vergaan
as my liefde begin skyn

REFREIN:
Kyk, die son kom op
Dis die drome in ons harte
En ek sien die donker wat vlug
Met ons drome jaag ons
die donker uit ons harte
En dis jy wat hier bly staan by my

Ek voel die leemtes vul in my gemoed
Dis die mens in jou wat bydrae tot die gloed
wat my spoor op sy padkaart
teen die middernag se maanlig hou
En my weer volg tot waar die goedheid
en die guns my groet

Ek dra ? droom, ek dra ? hoop
Dat jy sal wegdraai en jou kloue sal vergaan
as my liefde begin skyn

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top