Ons "geleerde" president (hy het nou kwansuis ’n ere-doktorsgraad in Jamaika bekom) het sy ware kleure getoon. Hy wil nou ’n magsblok van swartes wêreldwyd opgestel kry om sodoende ’n nuwe vorm van “apartheid” of te wel “aparte ontwikkeling”, ’n aparte wereldwye swart ekonomiese magsblok, gestalte gee. Hy beskryf hulle as Afrikane in die diaspora, wat insluit alle vorige swart slawe in die Amerika’s, en por hulle aan om hulself “Afrikane” te noem.
Kan jy nou meer. En hy kry ’n handeklap van opwinding oor die voorstel van liberale blankes in die VSA! En blankes wat die ANC hier ondersteun. Ek wonder hoe voel hulle nou?
Wanneer blankes in dieselfde trant oor blankes praat, word hulle onmiddelik “geklobber” as neo-Nazis.
Jaco Fourie

