ddbb…dowwe dolla betaal belasting
MET: Margit Meyer-Rödenbeck
TEKS: Jurgen Human
MUSIEK: Pedro Kruger
TEGNIES: Carna Visser
KOSTUUMS: Heinz in Style
Met die dat sommige mense deesdae betaal om na Dolla se praatjies te kom luister, kom sy met ’n skok agter dat sy vir die eerste keer in haar lewe ’n belastingopgawe sal moet indien. Dis ’n ingewikkelde en senu-tergende proses en Dolla besluit om die hulp in te roep van eksperts op die gebied soos Kenny Kunene, Arthur Brown en Kotie se consultant Rashid van die Vlakte.
Sy leer ongelooflike nuttige nuwe inligting soos wanneer die beste tye is om deur restaurante en ryk mense se rubbish-bins te snuffel op soek na kontantstrokies wat mens kan eis, asook hoe om die eekhorings in jou tuin afhanklikes te maak.
Sy besluit ook om navorsing te doen oor wie eintlik in charge is van die geld wat sy betaal en maak ’n dinner date met die ambassadeur van China.
Dolla vat die gehoor weereens op ’n roller-coaster-rit wat elke nou en dan dreig om te ontspoor… want net soos brandewyn, het belasting nie brieke nie.
Mariana Malan skryf in Die Burger – 14 Feb. 2014:
Almal weet reeds sy doen en sê wat sy wil. Sy raps en ransel almal af wat dit verdien. Maar dié keer help Dolla ook verwarde siele. Sy takel daardie onverstaanbare belastingvorms met grasie.
Dolla se onregeerbare verbeelding laat draai haar telkens by Upington terwyl sy eintlik net na Kraaifontein soek, by die Kaasfees as sy eintlik by die Aartappelfees moet wees.
Dolla is egter ’n formidabele kletskous wat woorde aaneen laat warrel sonder ’n slukkie water tussenin.Die resep is ná meer as ’n dekade nog dieselfde, maar steeds bly die gereg smaaklik.
LENTE-TOER
23 SEPTEMBER by TARENTAAL TEATER, RUSTENBURG
Bespreek by 079 341 3420 (Michelle)
24 SEPTEMBER by SILVERSTAR CASINO, KRUGERSDORP
Bespreek by COMPUTICKET
25 SEPTEMBER by LAKE UMUZI BASEMENT TEATER, SECUNDA
Bespreek by Secunda Rame (017) 634 8312 of Amori 079 499
26 SEPTEMBER by MBIDI LODGE, GROBLERSDAL
Bespreek by 071 869 8590(Gloudien)
27 SEPTEMBER by VROUEDAG, HARTEBEESPOORTDAM
Bespreek by 076 191 2308
27 SEPTEMBER by CENTURION TEATER
Bespreek by COMPUTICKET
AARDKLOP by GIRLS’ HIGH SCHOOL
Bespreek by COMPUTICKET
(7 OKT:20:00; 8 OKT: 09:00; 9 OKT: 12:30; 10 OKT: 14:30; 11 OKT: 20:00)

