DOWWE DOLLA DINK DIEP
Met Margit Meyer-Rödenbeck
Teks: Jurgen Human
Regie: Meyer-Rödenbeck & Human
Musiek: Pedro Kruger
Twee boeke van Frederick Nietsche en Siener van Rensburg beland per ongeluk tussen Dolla se versameling Mills & Boon’s wat sy spesiaal vir haar “trip” op die Costa Concordia bymekaar gemaak het. Dolla begin lees terwyl sy wag om aan boord te gaan. “Kennis is mag”, sê Nietsche, maar “Kennis sonder begrip is gevaarlik”… en, soos te verwagte, kry Dolla onmiddelik ’n uitnodiging van die Kaptein om op die “brug” te kom kuier…
Die res is geskiedenis, maar die hele ondervinding laat haar dink…DIEP dink, oor diep dinge soos “alpha-males”, Twitter, “Afrikaanse pop-liedjie lirieke en Nietsche se Relatiwiteits-teorie… of was dit nou Albert s’n?
Boonop is Dolla ook deel van ’n ongelooflike nuwe mediese deurbraak: Wat meeste wetenskaplikes voorheen as wensdenkery beskou het is nou ’n werklikheid: Dolla se Pille vir Domgeit… ’n wonder-produk wat verligting gaan bring vir derduisende mense wat ly aan simptome soos verwarring, lae selfbeeld, lamheid in die kop en ontoereikende houtwerkpunte.
Ongelukkig is hierdie medikasie op hierdie stadium slegs beskikbaar by Dolla se “lewendige” vertonings, so bespreek nou en neem beheer oor die res van jou lewe.
Jy sal medikasie nodig hê, want Dolla filosofeer en voorspel… “Soos jy sê, Dolla, Afrika is nie vir sissies nie. Staan jy dus maar net sterk en dra die fakkel vir blondines hoog.” (Mariana Malan, Die Burger)
7 FEB 20:30 DIE BOER-DURBANVILLE 021 979 1911
15 FEB 20:00 OU MEULTEATER- PAARL 083 564 0056
1 MAART 20:30 WOORDFEES: Japie Krige Saal(Paul Roos) Computicket
9 MAART 12:30 WOORDFEES: Japie Krige Saal(Paul Roos) Computicket
3-6 APRIL 12:00 KKNK: kykNET Hoërskool Computicket

