Doodsteug
O moeder, is jou kind vermoor?
O moeder, het jy jou kind verloor
aan die slag van ’n skoot?
Kom die teug, kom die dood
Dis alles verby
O vader, is jou kind vermoor?
O vader, het jy jou kind verloor
aan die punt van die lood?
Ongevraagd kom die dood
Kon ons dit liefs nie vermy?
O, trane van bo
kom vloei deur my oë,
Maak ’n stroom in my hart
was my skoon, rivier van smart
O suster, het jy jou broer verloor?
O broeder, het jy jou suster verloor
aan die sny van ’n lem?
Hoor die smart in die stem
Dis alles verby
Ek het my liefste lammetjie verloor
My eensaamheid het my siel gesmoor
O moeder, is jou kind vermoor?
O moeder, het jy ook alles verloor?
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


