Doodskis
Met n stukkende plektrum
Gebroke hart
? Halwe sigaret
Okay dis eintlik ? kwart
Ek hou van Black Label
maar Black Label is swart
en swart is die kleur van ellende en smart
KOOR:
Want onder die duiwel, daar draai ek rond
en almal keer terug , keer terug na grond
en eendag as ek in my doodskis lê
Die een plek waar almal net goeie goed sê
Ek kan verander, verkieslik nie
Ek weet ek is erger as pornografie
maar wie kan vir my se ek is verkeerd
as niemand ooit al hulle sondes vergeet
en die lug in my lewe is seker maar jy
Ook net tot jy weer iemand beters kry
Ek sit aan die einde van nog ? sin
maar einde van die een is twee se begin
KOOR
En net nadat ek ontslae raak van al my pyn
gooi jy my in diepe waters, los my laat ek lei
In al my ellende, vergewe, vergeet en troos
Ek gee jou my laaste bloed
Bloed besmette roos
Ek vind myself gebind, in duister troon
? Laaste traan
? Laaste traan verloor


