"Dood van 'n musikant" deur Frikkie Janse van Rensburg

  • 0

Dood van 'n musikant

Jare in die bedryf het hulle gegee
Oor verre lande het sekere opgetree
Almal gehelp, geïnspireer
sonder om talent af te keer

Anneke de Villiers, met viool getoor
verdwyn elke luisteraar se daaglikse goor
In ? diep, donker dal het sy verkeer
niemand het gerep van haar gestoorde seer

Zak van Niekerk, altyd verspot
sekere vir die gek gehou, ander versot
So skielik het hy die samelewing, familie verlaat
sonder waarskuwing, almal se maat

Louis van Rensburg, ons land se voshaar man
7 de Laan se bekendheid gewaarborg, veraltyd gekan
Siekte het hom verewig gesteel
baie musiek het hy nog oorgehad om te deel

Christa Steyn, geniale kunstenaar
in ? kort tydjie weggeteer, almal het geskok gestaar
Positief en nederig, alle mense se harte verower
Die groot K het haar gevat, verewig sal sy betower

Die land was in rep en rou
Hoofnuus na hoofnuus
Voorblad na voorblad
Elke kunstenaar in onse harte gegrou

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top