"Donkermaan" deur Martin Lowis

  • 0

Donkermaan

Dit was 'n Saterdagaand
ek tel die bottels teen die muur
Dis laaste rondte tyd
en ek wonder wat maak ek hier

Dit was 'n stampvol bar
aan die skadukant van die spoor
Nie eens die nag kon raai
wat het ek hier kom verloor

Die wind waai regdeur my
alleen in Van Riebeeckstraat
stap ek van hoek tot hoek
Net 'n halfjack wat saam kan praat

Dis donkermaan
Donker man

Daars 'n vuurtjie wat brand
'n asblik om die hoek
Die skadu’s dans teen die muur
asof die nag wegkruipplek soek

Die koue sny deur my
die reën is nat soos 'n soen
Nog 'n dag is klaar met geen idee
wat ek hier doen

Daars 'n stokou bergie
op die hoek van Gordonstraat
Elke lewensjaar
op sy gesig uitgebrand

Was daar 'n dag in die son vir hom?
Nog jonk en vol krag
Of het hy uitgebrand?
Net nog 'n ster in die nag

Nagvroue op die Bult bied verskeie dienste aan
maar ek voel meer soos kollega as kliënt vanaand

Want dis donkermaan
Donker man

BRUG:
Vat my saam met jou vanaand
Ons vat my kar en ons blaas uit hierdie stad
Ons vat die eerste afdraaipad
en ons ry tot waar die pad ons kan vat

Dis Donkermaan
Donker man

En as die son my wakker maak
vergeet ek gou die donker nag
Jy word my kompas
Jy wys my rigting aan
'n Vlugteling het stil gaan staan

Dit was donkermaan
Donker man

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top