DONDERDAG; 17/10/11, ENIGSTE UITGAWE

  • 0

Dag julle!

 

Die “Belhar-besluit” soos dit deesdae in die nuus bekend staan, lok kommentaar vanaf alle oorde, en is daar tans ook ’n miniseminaar daaroor aan die woed op LitNet.

Piet Naude skryf byvoorbeeld:

Die besluit oor kerkhereniging is nie regtig nuut nie. Die NGK het in 1986 die draai weg van ’n rasgebaseerde ekklesiologie gemaak, en toe reeds ’n verbintenis tot sigbare kerkeenheid uitgespreek. Wat wel nuut is, is die dringendheid en duidelike praktiese riglyne hoe so ’n proses kerkregtelk moet geskied. Die daad word nou by die vroeëre woord gevoeg, en dit moes eintlik al lankal gebeur het.

Dis ’n uiters wyse en nugtere besluit wat wil keer teen verdere kerkskeuring (soos die APK) en teen moontlike onverkwiklike stryde agterna. Dit sal nou koelkopleierskap en goeie teologiese begeleiding verg om die pad deur gemeentes en ringe te loop terug na die Algemene Sinode.

Wat dink julle van die hele store?

Volg die miniseminaar hier en vertel ons wat jy dink!

Maggie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top