Dominee, try weer om te probeer!

  • 2

Het Sondag 'n kerkdiens bygewoon. Die prediker was goed en oortuigend. Die boodskap wat hy by my uitgebring het? Ek (die dominee!) het twaalf jaar lank op skool moedertaal onderrig gekry en sewe jaar op universiteit, grootliks in Afrikaans onderrig ontvang, maar is waaragtig nog nie in staat om myself in Afrikaans uit te druk nie – volgens die aantal Engelse frases wat gebruik is.

George

  • 2

Kommentaar

  • Ja George,  dis skokkend en teleurstellend.  Ek kyk soms op 'n Sondagoggend twee dienste op televisie waar die predikers Afrikaans is en 'n preek in 'n Afrikaanse kerk lewer.  Dit irriteer my so as hulle gedurig Engelse frases en uitdrukkings gebruik dat ek soms die boodskap mis

     
    Enjee
  • Daniel,

    Gelukkige man om die dominee se boodskap so te mis. Ek is nie so gelukkig nie; dit gee my sooibrand en hardlywigheid.
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top