Doen wat jy moet doen
Onthou jy nog die dae toe buite speel nog in was?
Onthou jy nog die dae toe jou pa nog jou held was?
Onthou jy nog die dae toe sandkastele en lugkastele dieselfde ding was?
Onthou jy nog die dae toe foto’s op film vasgevang was?
Onthou jy nog die dae voor selfone slimmer as jy was?
Onthou jy nog daai dae?
REFREIN:
Ons wil weer teruggaan na die hart
Ons wil weer van voor af verstaan
waaroor hierdie lewe gaan
Dromers moet weer droom
Kinders moet weer lag
Doen wat jy moet doen
om hierdie taak te vermag
Fiela soek nou weer haar kind
Hy het sy heil in tik gevind
Elke Paljas soek sy plek in die Sonkring
Terwyl hy tussen treine en stasies, by elke Kruispad staan en sing
Die Manakwalanders wil ? Vyfster lewe lei
Waar hulle ook deel in die Vetkoekpaleis kan kry
Maar hul stemme raak gou koud
In Egoli – Plek van goud
REFREIN
Staatsgeheime in die 4de kabinet
Maak al die ministers se beursies vet
Stille waters, diepe grond,
waar loop al die Konings rond?
Agter elke man is daar ? eensame vrou
want sy is Getroud met Rugby, onthou?
Dis amper soos die storie van Klara Viljee
net om vir jou ? idee te gee
So, doen, doen wat jy moet doen
Sê wat jy moet sê
Vra wat jy wil hê
En begin dan van vooraf
REFREIN



Kommentaar
Baie goed!