Doel van die lewe

  • 0

Vanuit die Boeddhistiese oogpunt beskou kan mens seker seg dat die doel van die lewe is dalk om te BESEF dat daar geen doel is nie ... as sulks, maar dan weer, as dit waar is, dat daar GEEN doel is nie, dan sou selfs kokosneute ook Nirvana kon betree ... dus is daar ietsie meer as net dit betrokke, maar wat presies dit is, is onmoontlik om te kwantifiseer of te kwalifiseer, en definitief nie met jou sg IK, of breinkapasiteit nie ... die kan deug tot op ’n sekere punt maar hardloop dan uit diesel uit in die doodsnikke.

Daar is ’n Zen-gesegde wat dit nogal mooi opsom:

Voor Ontwaking, kap jy hout en dra water aan ... Na Ontwaking, kap jy hout en dra water ...

Maar mens moet ingedagte hou dat daar nie werklik veel sprake van “geloof” is nie, elk geval, nie soos wat begryp word in die gotsdienste nie ...
Geloof in jouself is soms ’n goeie ding, of dalk in ander mense wat voor jou uitloop op die pad, want hulle was al waar jy nou verkeer, en kan die pad aandui, amper nes die Boeddha self dit doen dmv die Dharma.
Op die einde van die dag egter, kan NIEMAND die 'antwoord' verskaf nie, want die antwoord is uniek tot elke lewende wese, ongeag waar jy jouself bevind en in watter gedaante, inkarnasie of waar ookal in die ontelbare werelde in alle rigtings.
NIEMAND kan en niemand MAG voorgee om die antwoord te ken vir enige iemand anders nie, want dis ’n leuen, bedrog en ’n kortpad na selfvernietiging.
Ons elkeen leef en sterf by ons EIE besluite, of nie-besluite, al probeer ons soms so hard om dit te ontken of om die verantwoordelikheid op andere af te skuif...maar die cop out werk NOOIT uit nie!
Ten slotte, kan mens gerus in gedagte hou dat die ENIGSTE ding wat jou ooit na-doods saamneem is jou KARMA en NIKS anders nie...wat jy saai sal jy maai, inderdaad...

Everything we experience begins with thought,
Our words and deeds spring from thought,
If we speak or act with evil thoughts,
unpleasant circumstances and experiences inevitably will result,
Wherever we go, we create bad karma because we carry bad thoughts. We cannot shake off this suffering as long as we are tied to our evil thoughts.
This is very much like the wheel of a cart that follows the hooves of an ox,
The animal is bound to this heavy load with ever step it takes.

En terselfdertyd:

English Translation
All that man experiences springs out of his thoughts.
If his thoughts are good, the words and deeds will also be good.
The result of good thoughts, words and deeds will be happiness.
This happiness never leaves the person whose thoughts are good. Happiness will always follow him like his shadow that never leaves him.

Francois Williams

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top