Dizain

  • 0

Deesdae wanneer ek 'n vrou ontmoet
op my hoede, kopsku, wonder nie meer
oor haar sagte mond of ander goed,
en of sy haar oë onderwaters, en so meer,
oop- of toehou en of sy gil vir meer,
sy haar kop (uiteindelik) finaal verloor.
Nee, ek bêre my bedelaarshoed, uit en oor
en wonder -by voor- en nabaat- stet!:
watter triek gaan sy uit die hoed toor:
Hoe my neerlê op die Prokustesbed?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top