Dizain, vir Gilbert Gibson

  • 0

Acapulco (Foto: Anngell Díaz op Unsplash)

Dizain
vir Gilbert Gibson

Op pad na Acapulco
verloor jou soos ’n sleutel:
breek in ’n slot, Kasteel (Castle Lager)
van my skuimende drome, ’n Alzheimer-
lyer vergeet woorde (cependant)
(surtout) kraaltjies Mabalêl
om my enkelringe (soos) ’n ander digter
onwetend (moitie) half/halwe pad
kap van die Kafkabyl
ruk my siel oop in Acapulco.

Voetpote:

Surtout: Fr Veral
Cependant: Fr Ofskoon /alhoewel
La moitie: Fr Half
Mabalêl: interteks na Marais wat weer inspeel op die drankverwysing
Acapulco: werklike en verbeelde plek ... aktiveer die verhaal “Op pad na Acapulco”
Kafka: interteks – ’n goeie teks het ’n effek op die siel soos ’n byl wat bevrore see oopkap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top